Netwerk24 | Afrikaanse Taaldag: Só vier ons elke dag ons taal

Afrikaanse Taaldag word op 14 Augustus landwyd gevier. Daar word algemeen aanvaar dat Afrikaans sy beslag amptelik gekry het met die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl, en daarom word 14 Augustus elke jaar as Afrikaanse Taaldag herdenk.

featured-image

Afrikaanse Taaldag word op 14 Augustus landwyd gevier. Daar word algemeen aanvaar dat Afrikaans sy beslag amptelik gekry het met die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl, en daarom word 14 Augustus elke jaar as Afrikaanse Taaldag herdenk. Om Afrikaanse Taaldag te kan vier, moet dié taal op verskeie maniere uitgebeeld word, en by Afrikaanse kunstefeeste word dit met oorgawe gedoen.

LEES OOK: Praat, lees, skryf en vier Afrikaans om te verseker dat dit voortleef Andy Lubbe, feesbestuurder van Innibos, sê elke taal in die wêreld het ’n kultuur-komponent wat nodig is vir mense om mee te kan identifiseer en hulle trots te maak op hul eie herkoms en taal. ’n Taal leef deur mense en deur dit te gebruik en te laat groei en te laat asemhaal, sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK. “ ’n Taal leef ook saam met ander tale,” voeg hy by.



Saartjie Botha, direkteur van die Woordfees, sê kunstefeeste bied platforms vir uitdrukking. “Kunstenaars het die geleentheid om hul werk in Afrikaans aan ’n diverse gehoor te vertoon, en Afrikaanssprekers kan die betowering van die kunste in hul taal beleef.” GEBORG Sol-Tech ’n Goeie kwalifikasie is die boustene vir ’n suksesvolle toekoms.

Altesame 94,7% van Sol-Tech se studente kry werk nadat hulle hul kwalifikasie voltooi het. Voeg daarby ’n lekker studentelewe waar sowel die persoonlike as die akademiese ontwikkeling van die student aandag geniet, en jy kry ’n roepingsgedrewe jong mens wat reg is om ’n verskil in Suid-Afrika te maak. Hier word studente in Afrikaans onderrig en gereed gemaak vir die wêreld van werk.

Sol-Tech bied tans agt ambaggerigte kwalifikasies aan, naamlik vir elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, meulmakers, vervoer(outo)-elektrisiëns, gereedskapmakers, passers-en-draaiers, megatroniese tegnici en sweisers. Drie IT-kwalifikasies vorm deel van die programaanbod, naamlik in data en wolk, IT-ondersteuning en -netwerke, en kubersekuriteit. Vroeëkinderjare-ontwikkeling is die nuutste kwalifikasie waarvoor studente kan inskryf.

Vir meer inligting, besoek Sol-Tech se webtuiste . Akademia Die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe vier jaarliks op 14 Augustus Afrikaanse Taaldag. Akademia , as ’n trotse hoëronderwysinstelling, neem graag aan dié viering deel.

Die instelling gee vanjaar gestalte aan dié verbondenheid tot Afrikaans met die nuus dat hy in 2026 sy geografiese voetspoor en impaksfeer na die Wes-Kaap gaan uitbrei. Dié besluit om die voltydse kampusmodel is ’n regstreekse gevolg van die gunstige groeitrajek wat die instelling tans ervaar. Hierbenewens sal die uitbreiding ook Akademia se bestaande sentrumvoetspoor in die Wes-Kaap aansienlik vergroot.

Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van die instelling, toon onlangse navorsingsbevindinge dat die Wes-Kaap die naasgrootste konsentrasie Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika huisves. “Gedagtig hieraan en gegewe die verskraling van Afrikaanse onderwysgeleenthede binne die nasionale hoëronderwysomgewing, het Akademia ’n groot rol te speel in die uitbouing én bewaring van Afrikaans as onderrig- en leertaal,” meen Visser. Momentum Beleggings Aardklop Met alles wat in die wêreld gebeur, is dit bemoedigend om te weet ons kan steeds bymekaarkom en feesvier, in Afrikaans! Vier die kunste, die taal, die samesyn, mekaar.

Momentum Beleggings Aardklop bring oudergewoonte alles van ligte vermaak en gesellige informele kuiers tot teater wat jou diep sal raak en klassieke musiek wat jou gees sal voed. Van vroegoggend-manewales tot laataand-kuiers – daar is voorwaar iets vir elkeen. Met so baie aan die bod, is dit ’n goeie idee om nou al lysies te maak.

Kry die feesprogram aanlyn , en kom kuier saam en vier die taal tussen 24 en 29 September in Potchefstroom. ATKV Koop-’n-Afrikaanse-boekdag, wat jaarliks op 14 Augustus gevier word, is ’n inisiatief van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV. Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, sê oor hierdie jaarlikse viering van die geskrewe woord in Afrikaans: “Met hierdie projek wil ons die lekkerte van boeke en lees in Afrikaans onder almal se aandag bring, veral omdat daar wonderlike Afrikaanse boeke op die mark is.

Verder wil ons die waarde van boeke en lees deur die projek bevorder en help verseker dat daar nog steeds goeie Afrikaanse boeke sal verskyn.” Vir meer inligting, klik hier . Taalmonument Ter viering van Taaldag 2024 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Het Jan Marais Nationale Fonds ’n gratis, interaktiewe paneelgesprek en gesellige ete op 16 Augustus aan.

Die tema van die gesprek is: Wat vier ons in 2025? Die paneellede – Courtneigh Ess, Christo van der Rheede, Theuns Eloff en Izak de Vries – sal beslis nuwe insigte bied, sê die ATM-direkteur, Michael Jonas. Willemien Brümmer is die gespreksleier. “In 2025 vier ons 100 jaar se amptelike Afrikaans, die ATM se 50ste bestaansjaar en die Genootskap van Regte Afrikaners se stigting 150 jaar gelede.

Gegewe die omstredenheid oor sommige aspekte hiervan, is dié gesprek met uiteenlopende kenners broodnodig,” sê Jonas. Vir meer en besprekings klik hier . AON Die AON (Afrikaanse Onderwysnetwerk) is ’n lae-profiel, vennootskapgedrewe organisasie wat ten doel het om gehalte-onderwys in Afrikaans volhoubaar in ’n pypleiding te bevorder.

Hierdie pypleiding strek van voorskoolse tot tersiêre opleidingsvlak en wil leerlinge ter wille van die instandhouding en groei van Afrikaans en die versterking van Afrikaanse onderrig lei. Dit is ’n sambreelliggaam wat sonder oorvleueling ten nouste met bestaande organisasies in die onderwys saamwerk. Die AON beywer hom om ’n netwerk te vestig wat bekwame en toeganklike ondersteuning aan skole, onderwysers en onderwysinstellings bied.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie..