KYK | Leeuloop 2024 laat ‘n nasie brul: Danskampioen bekend!

Die 'Leeuloop' het nou, 18 jaar later, 'n nuwe baadjie aangetrek en te oordeel aan die inskrywings vir die kompetisie, is dit steeds net so gewild.

featured-image

Die sanger en akteur Robbie Wessels sê hy was baie opgewonde om te sien hoe mense op die onlangse Leeuloop 2024-danskompetisie reageer. “Ek het onlangs ‘n kort video geplaas en gesien die mense geniet dit,” het Wessels aan The Citizen gesê. Ons het toe besluit om die Leeuloop weer op te neem en ‘n nuwe musiekvideo uitgereik.

Ek hoop mense dans nog vir jare op die Leeuloop !” Wessels het Saterdag die wenners van sy danskompetisie aangekondig. Die kompetisie, waarvoor die publiek op die nuwe weergawe van Wessels se bekende liedjie die Leeuloop moes dans, het behoorlik Wessels se aanhangers aan die praat gehad. Sakka Boela het in ‘n stadium voorgeloop.



Meraai het op TikTok gereageer met: “Sakka Boela moet wen...

hy kán sy deeg beweeg!” Nog ‘n aanhanger het geskryf: “Yes, yes, hy het die moves en is care-free...

hoop hy wen!” “Uiteindelik! Sakka Boela wag al van Gr. 6 af vir Robbie om hom raak te sien,” het Esmé geskryf. Sakka Boela het hierop gereageer met: “Dis nogal so waar.

En hier sien hy my. Kan jy dit nou glo? Ek’s in die sewende hemel. Nou wens ek net ek kan hom ontmoet.

” Doen die ‘Leeuloop’ vir ‘n duisend Wessels het die kompetisie op TikTok aangekondig met ‘n prys van R1,000 vir die wenner: Taai kompetisie Die kompetisie was taai. Wessels het in ‘n stadium in ‘n video op TikTok gesê die Leeuloop 2024 ruk nou heeltemal handuit! Toe Wessels die sanger Malishka se video plaas, het Sakka Boela geantwoord met: “Ek sal my .