Netwerk24 | Vrou van Alberton veg om by haar 2 minnaars in Engeland te gaan woon

’n Swemafrigter van Alberton aan die Oos-Rand is vasbeslote om haar visum te kry sodat sy haar by haar twee minnaars in Bournemouth, Engeland, kan gaan aansluit.

1 month Ago


’n Swemafrigter van Alberton aan die Oos-Rand is vasbeslote om haar visum te kry sodat sy haar by haar twee minnaars in Bournemouth, Engeland, kan gaan aansluit. Simone Carmen Johnson (28) se visum-aansoek is egter van die hand gewys omdat sy volgens die Britse visum-owerhede nie aan die toepaslike vereistes wat verhoudings betref, voldoen nie. Sy is deel van ’n poligame verhouding met twee ander persone, en dié twee is intussen getroud.

Haar twee minnaars het versoek om anoniem te bly. Johnson het op 5 Februarie vir ’n ongetroude-lewensmaat-visum (die UK Unmarried Partner Visa) aansoek gedoen. Sy het op 26 Junie ’n brief ontvang dat haar aansoek van die hand gewys is.

Die brief wys daarop dat Johnson nie aan die geskikte verhoudingsvereistes voldoen nie omdat haar twee minnaars in die eg verbind is en sy ongetroud is. Die brief dui ook op ’n “gebrek aan bewyse van ’n egte en voortgaande verhouding”. Simone Carmen Johnson Foto: Verskaf Johnson se twee minnaars het in 2020 na Brittanje verhuis, maar sy het hier agtergebly.

Die drie is volgens haar al vyf jaar in ’n verhouding. “Ek het besluit ek kan nie meer sonder my minnaars leef nie en het toe besluit om sak en pak na hulle te trek. Ek het net nie besef dit gaan so ’n stryd wees om daar te kom nie,” sê sy aan Netwerk24.

Sy word verteenwoordig deur Gwen Vermeulen, senior bestuurder van immigrasie en Britse nasionaliteit by Move Up UK Visa Solutions. Volgens Vermeulen het sy en Johnson ’n aansoek.

Copyright @ 2024 IBRA Digital