Netwerk24 | Oop gat voor skool gevaarlik, meen ouer

’n Ouer vrees dat ’n gat voor ’n laerskool in Parow, wat Maandag ná ’n media-navraag deur die koerant aan die Stad Kaapstad herstel is, tot erge beserings kon lei.

1 month Ago


’n Ouer vrees dat ’n gat voor ’n laerskool in Parow, wat Maandag ná ’n media-navraag deur die koerant aan die Stad Kaapstad herstel is, tot erge beserings kon lei. Die deksel vir die gat, wat vir ’n brandkraan bedoel is, was glo ’n ruk lank reeds weg. Die gat was op ’n sypaadjie voor die Laerskool De Tyger in Glenboigstraat in Parow geleë.

Deon Oosthuizen, die ouer en adjunk-voorsitter van die Monte Vista Plattekloof-buurtwag, sê sy seun (7) het verlede Woensdag per ongeluk in die gat beland. Sy skoene, sokkies en broek was sopnat as gevolg daarvan. “Ek moes hom saam met my werk toe neem om vir hom droë klere te reël.

Ek moes ook met die skoolhoof praat oor die vermiste deksel en het aan hom verduidelik waarom my seun laat was en waarom hy nie die korrekte skoolskoene aangehad het nie.” Die nuwe deksel is Maandag geïnstalleer. Sy seun het die volgende dag gekla oor pyn in sy been.

“Ek het vir hom gesê om dit rustig te neem en as dit aanhou pyn, dat ek hom dokter toe sou neem.” Nog ’n seun het ook ’n dag daarna byna in die gat beland. Oosthuizen sê die skool het ’n groot paal in die gat gesteek, met gevaarlint daarom, om te verhoed dat enigiemand daarin beland.

Aangemeld Oosthuizen, wat die koerant verlede week genader het, meen dis belangrik dat die ouers bewus was van die gevaar. Hy, sowel as die laerskool se bestuur en die plaaslike wyksraadslid, het die kwessie by die Stad aangemeld. Dit is meer as ’n maand gelede aangemeld, en.

Copyright @ 2024 IBRA Digital