Netwerk24 | Afrikaanse Taaldag: Só vier ons elke dag ons taal

Afrikaanse Taaldag word op 14 Augustus landwyd gevier. Daar word algemeen aanvaar dat Afrikaans sy beslag amptelik gekry het met die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl, en daarom word 14 Augustus elke jaar as Afrikaanse Taaldag herdenk.

1 month Ago


Afrikaanse Taaldag word op 14 Augustus landwyd gevier. Daar word algemeen aanvaar dat Afrikaans sy beslag amptelik gekry het met die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 in die Paarl, en daarom word 14 Augustus elke jaar as Afrikaanse Taaldag herdenk. Om Afrikaanse Taaldag te kan vier, moet dié taal op verskeie maniere uitgebeeld word, en by Afrikaanse kunstefeeste word dit met oorgawe gedoen.

LEES OOK: Praat, lees, skryf en vier Afrikaans om te verseker dat dit voortleef Andy Lubbe, feesbestuurder van Innibos, sê elke taal in die wêreld het ’n kultuur-komponent wat nodig is vir mense om mee te kan identifiseer en hulle trots te maak op hul eie herkoms en taal. ’n Taal leef deur mense en deur dit te gebruik en te laat groei en te laat asemhaal, sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK. “ ’n Taal leef ook saam met ander tale,” voeg hy by.

Saartjie Botha, direkteur van die Woordfees, sê kunstefeeste bied platforms vir uitdrukking. “Kunstenaars het die geleentheid om hul werk in Afrikaans aan ’n diverse gehoor te vertoon, en Afrikaanssprekers kan die betowering van die kunste in hul taal beleef.” GEBORG Sol-Tech ’n Goeie kwalifikasie is die boustene vir ’n suksesvolle toekoms.

Altesame 94,7% van Sol-Tech se studente kry werk nadat hulle hul kwalifikasie voltooi het. Voeg daarby ’n lekker studentelewe waar sowel die persoonlike as die akademiese ontwikkeling van die student aandag g.

Copyright @ 2024 IBRA Digital